Pille Vir Kersfees

Supra Familias: no catalogue number (2008)

cover artwork: Pille Vir Kersfees

Oorlewing 101

Hang aan die hemel
En skop om dig grond
Maar hier rond is daar
Niks meer oor vir ons nie

Middelmatigheid
Ons voorland en ons vrees
Jy sal moet vashou
En leer om dit te ignoreer

Ons veg om oorlewing
Ons bewys ons bestaan
In 'n twee slaapkamer woonstel
Waar jy sukkel om te slaap
Ons kaste is leeg en
Ons traankliere soveel leër
Ons laaste spandeer
Om die vaal dae in te kleur

Ek wag geduldig vir die dag

Die dagbreek dig
Oor 'n jong gesig
Die sonstrale breek
Deur bloulig en blare
As ek dit net met oortuiging kan doen

Onder die wilgerboom
Kom ek vermom
Saggies in jou oordrom
Gesê ek sou
Jou vir altyd kon vashou
Gesê jy sou
My kon vertrou

Wag vir my
Daar by die brug
Ons kan hier uitkom
As ons wil
Ons moet net wil
In hierdie verniet
Vibracrete, verbruikersvriendelike paniek
Hiperventileer ons
Masturbeer die dae ons
Afhanklikes van wat ons is

Matigheid voor oë
Stadig oor die klippe
Hou die blink kant bo

Vinger Alleen

Hierdie tyd van die jaar
Hoekom is ek so seisoenaal?
Dit klink dalk banaal
As die as wat reën
Jou begrawe
Van die torings
Wat jou omring
Meestal gister s'n
Skielik skeur
Hierdie seun middeldeur

My uitsig is 'n mooi
Skarlaken rooi
'n Helder, pragtige nagmerrie
Die eenvoud
Laat my koud
Jou onskuld bewys
'n Mors van my tyd

Ons almal wou mos brand
Met net die stad se ligte aan ons kant
Flikker, Blink, Verrinneweer
Verlep, Verskeur, Alweer

Die eerste keer
Is altyd seer
Twee vingers en
Jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees
Van 'n vrou en
Van 'n man vir haar wees

Haar impulsiewe negatiwiteit
Ek weet jy't idees
Wat uit jou moet uit
Haar koud laat jou spyt

Die pis op my drome
Jou heilige woorde
Soos standaard akkoorde
My broers my sinode
My verkose narkose
Is maar wreed, maar waar

Die eerste keer
Is altyd seer
Twee vingers en
Jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees
Van 'n vrou en
Van 'n man vir haar wees

My bloeddorstige lus
Vir immoraliteit
Ek het idees wat uit my moet uit
Haar koud laat jou steeds spyt

Nare Kaskenades

Veronderstel
Ek word spyt
En dis als verniet
'n Beroerte
Wag op my
As ek kon kies
Sou ek niks besluit
Ek sou dit kies
Sonder om my oë
Toe te knyp

Waar is jy dan?
Dis waar
Jy gaan
Bittermin
Bittermooi,
Sonder trane
Jou hoofstuk voltooi
En in die nare
Kaskenade
Gly jy verby

Die aardbol
Respireer die oseaan
Tot in vervelens al
Na mekaar gestaar
Blou in die gesig
Lig in die broek
Hart hard op soek

Waar is jy dan?
Dis waar
Ons gaan

Verveelde ure
Onder die Afrika son
Oranje pakke
Afgeëts in heuwel
Die snelweg
Wat blom

Pille Vir Kersfees

Dis snaaks hoe hierdie gebou
Sy arms om my en jou kan toevou
Terwyl die elektriese wolk kombers
Kom sweef oor die platberg en
Ons veilig vashou
Om die brandstigting te aanskou

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Alomteenwoordig,
Jou naasbestaande eis
Verdraagsaamheid,
Maar tree oorbodig op
In hierdie tyd van samesyn
Stralejakker, spyseniere,
Bacchus en al sy vriende

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

As jou tuiste is
Waar jou hart is
Wat wil dan hier uitbreek
Uit my borskas uit
Geneties gelaai om te ontsnap
Die plasma wat spoeg
'n Wemelende massa
Te veel skade aangedoen

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Pills For Christmas

It's strange how this building
can wrap its arms around us
while the electric cloud cover
drifts in over the flat mountain,
holding us safe
to witness the ignition

I want pills for Christmas
for my shredded nerves
Nothing that a seaside holiday
cannot cure
But who wants pills for Christmas?
Depends on whose house I will be at
A price promotion phenomenon
So much to be grateful for

Omnipresent,
your next of kin demand
tolerance,
but behave extravagantly
in this time of togetherness
Jetsetter, caterers,
Bacchus and all his friends

I want pills for Christmas
for my shredded nerves
Nothing that a seaside holiday
cannot cure
But who wants pills for Christmas?
Depends on whose house I will be at
A price promotion phenomenon
So much to be grateful for

If your home is
where your heart is,
then what is this breaking
from my chest?
Genetically loaded to escape
The plasma that spits
A swarming mass
done too much harm

I want pills for Christmas
for my shredded nerves
Nothing that a seaside holiday
cannot cure
But who wants pills for Christmas?
Depends on whose house I will be at
A price promotion phenomenon
So much to be grateful for