Die Heuwels Fantasties

Vinger Alleen

Hierdie tyd van die jaar
hoekom is ek so seisoenaal
dit klink dalk banaal
as die as wat reën jou begrawe
van die torings wat jou omring
meestal gister s'n
skielik skeur hierdie seun middeldeur
my uitsig is 'n mooi skarlakenrooi
'n helder pragtige nagmerrie
die eenvoud laat my koud
jou onskuld bewys
'n mors van my tyd
ons almal wou mos brand
met net die stad se ligte aan ons kant
flikker
blink
verinneweer
verlep
verskeur
al weer
die eerste keer is altyd seer
twee vingers en jy het iets geleer my kind
van oorgee aan die vlees van 'n vrou
en van 'n man vir haar wees
jou impulsiewe negatiwiteit
ek het idees wat uit my moet uit
haar koud laat jou spyt
die pis op my drome
jou heilige woorde
soos standaardakkoorde
my broers my sinode
my verkose narkose is maar wreed
maar waar
my bloeddorstige lus vir immoraliteit
ek het idees wat uit my moet uit
haar koud laat jou steeds spyt

Oorlewing 101

Hang aan die hemel
en skop om dig grond
maar hier
hier rond is daar niks meer oor vir ons nie
middelmatigheid
ons voorland en ons vrees
jy sal moet vashou
en leer om dit te ignoreer
ons veg om oorlewing
en bewys ons bestaan
in 'n tweeslaapkamerwoonstel
waar jy sukkel om te slaap
ons kaste is leeg
en ons traankliere soveel leër
ons laaste spandeer
om die vaal dae in te kleur
ek wag geduldig vir die dag
die dag breek dig oor 'n jong gesig
die sonstrale breek deur blou lig en blare
as ek dit net met oortuiging kan doen
onder die wilgerboom kom ek vermom
saggies in jou oordrom
gesê ek sou jou vir altyd kan vashou
gesê jy sou my kon vertrou
wag vir my daar by die brug
ons kan hier uitkom as ons wil
ons moet net wil
in hierdie verniet
vibracrete
verbruikersvriendelike paniek
hiperventileer ons
masturbeer die dae ons
afhanklikes van wat ons is
matigheid voor oë
stadig oor die klippe
hou die blink kant bo

Leja

Leja
ek weet nie meer of ek jou hieruit kan sien nie
sal ek ooit genoeg geld kan verdien
die nag is koud
en die winter
toe ek jou gesien het vir die eerste keer
Leja
ek kan nie meer onthou hoe dit gevoel het nie
die paaie bly nat
in die winter
in jou ma se oë
ons was tieners
ons kon glo in die dinge daarbo
in jou ma se oë wou ek sien
en wou ek glo
maar tye het verander
em ons raak nie jonger nie
ek kan nie eers meer byhou nie
ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome
op die gras
Leja
sit dit vas
soos dit was
dan sal ons kan
Leja
maar jy's nou net die pen op 'n servet
wat ek al weer iewers moes vergeet het
die onoorspronklikheid
nes afgeleide selfverwyt
het ek myself hier uit
uit hierdie storie uitgeskryf

Nare Kaskenades

Veronderstel ek word spyt
en dis al's verniet
'n beroerte wag op my
as ek kon kies
sou ek niks besluit
ek sou dit kies
sonder om my oë toe te knyp
waar is jy dan
dis waar
jy gaan bitter mooi sonder trane jou hoofstuk voltooi
en in die nare kaskenade gly jy net verby
die aardbol respireer
die oseaan
tot in vervelens al na mekaar gestaar
blou in die gesig
lig in die broek
hart
hard op soek
verveelde ure onder die Afrika-son
oranje pakke afgeëts in heuwel
die snelweg wat blom

Noorderlig

Die hordes staar vanuit die agtergrond
die maagd is wys
sy waarsku hom
so tel jou dae
want hulle gaan nog nodig kom
so tel jou dae
ek het die nag onder die noorderlig ingedrink
begeesterd rondgedans namate die buiteruim insink
al wat ek soek is my horison
sukkel sukkel deur waar ek is
en wat ek wil wees
die meester het my leviete vir my voorgelees
ek tel my dae want ek weet
hulle gaan nog nodig kom
ek tel my dae
sal ons moet wag vir die wederkoms
en wat dan van al ons eiendom

Die Vraagstuk

dis Jack Parow, Johnny, Pierre, Hunter en die Reënboogperde. hier gooi ons hierdie jol nou. fokkit. aweh!

Ek soek kaffïen
ek soek nikotien
ek soek my steak gaar
ek soek 'n meisie wat wag as ek dronk uitstap by die bar
ek soek 'n enkel
ek soek 'n dubbel
ek soek 'n triple sonder vrae
ek soek 'n wensmasjien
so as ek vra is alles kla daar
ek soek meisies sonder high heels
ek soek meisies sonder base
ek soek meisies wat saam met my staan en vir almal dit wys
ek soek regte vriende, vriende wat deur alles staan by my
ek soek vriende wat heeltyd by dieselfde styl bly
ek soek my jeans los
ek soek my hare een kleur
ek soek 'n lewe sonder dwelms sodat ek weet wat gebeur
ek soek dronk inhibisie
ek soek uitkyk en 'n visie
ek soek minder wannabes en meer mense met 'n missie
ek soek minder MTV
ek soek mense wat in hul psige delf
ek soek net fokken mense wat fokken dink vir hulle self
ek soek goeie waves
ek soek paarties op die strand
ek soek 'n yskoue bier en 'n joint in my hand
die mens is 'n tropdier
dis saamwerk wat klop hier
ons het nie meer die energie
om hierdie fakkel agterna te jaag nie
geen vrae op hierdie antwoord nie
ons het nie meer die energie nie
ek soek kruise
ek soek labels
ek soek engele
ek soek duiwels
ek soek mense met messe
ek soek mense met bybels
ek soek mense wat hou van trip-hop
ek soek mense wat hou van trance
ek soek mense wat hou van hip-hop en wat langarm dans
ek soek poppies
ek soek gangsters
ek soek jocks
ek soek boere
ek soek mense wat drink, kots en kruip oor die vloere
ek soek paarties by evol
ek soek paarties by shack
ek soek paarties by danskraal
ek soek paarties by my flat
ek soek castle
ek soek hunters
ek soek port
ek soek wyn
ek soek die cane-trein
ek soek bottels brandewyn
ek soek water
ek is dors
ek soek tjops
ek soek wors
ek soek mense wat nie kwaad raak nie as ek mors
ek soek liefde
ek soek haat
ek's bly
dan is ek kwaad
ek soek mense wat by my kuier tot dit laat raak
drinking games waar niemand ooit wen nie
ek soek 'n bar waar ek kan drink waar niemand my ken nie
so wie gaan by my staan in die koue oggendryp
wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip
wie gaan lê in my arms as die tortelduiwe roep
as die son opstaan opsoek na vars bloed
want vriende bly vriende maar jy staan eintlik alleen
as die donderweer slaan staan jy alleen in die reën
as die vloede kom soek jy alleen vir 'n brug
ek stap in die donker strate opsoek na 'n straatlig
die enigste ligte in die nag is die vure van hel
die enigste vriende wat jy het het al lankal geval
in die donker ure skink net duiwels nog 'n dop
satan sit saam met sy kinders en kyk hoe kom die son op
as ek op die dood is wie gaan langs my bed sit en vir my bid
wie gaan in die grys mis blomme op my graf sit
ag fokkit
kla' geworry
ek's kla'
as jy my soek ek's die ou met die snor by die bar

Hyg Duiwel

My keel is vol kernkrag
vandag gaan die waarheid seermaak
jaag duiwel
jaag
'n spartelsweet in spanning
gehawend
verhard
skrif teen die muur
gesensuur
dra my op gewonde hande
elke huis met sy kruis versier
in alle erns
ek moet bieg
duimgooi kry jou nêrens nie
dit wat my betaam
my swerwersbestaan
'n lekhart vir die somerkwartaal
'n soendood
dit wat oor my lewer loop
hyg jaagduiwel hyg
afvlerk
my vriende
vlerk-af
dis doodeenvoudig
te vroeg die moederskoot verlaat
geslagsryp
egalig
immergroen
droogmaak druipeling en sy deftige voorstad versoen
laat dit juig as ons ons skandes vier
tyd genees nie gene nie
hoog gesweef
te laag verdwaal
wat my vertraag is die skuif van die desimaal
kom ons stel dit uit
vergewe my kranksinnigheid
my afgewese vertoning
my repertoire verskonings

Klein Tambotieboom

As die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in 'n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op Klein Tambotieboom
en strooi my as oor die Bosveld-horison
jy het nie 'n graad nie
en jy het nie 'n kredietkaart nodig nie
om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar
en die verte in van 'n krans af te staar
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag
geïsoleer in donderweer
ver van die wolkekrabbers
net die atmosfeer wat aan ons kleef
en 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
jy weet ek het nie
ek het nie 'n agenda nie

Sonrotse

As die son bo hierdie rotse opkom
gaan almal weet wat ek en jy nog altyd weet
'n mens het sy limiet
al wat jy het is wat die wêreld vir jou bied
ek weet ons is uniek
ek weet
ek ens ons was generiese gedaantes
wat generies in mekaar in pas
my elmboog omhoog
gereeld te hoog gelig
vroumens ons moet vlug
want ek's mos gees vat
kaal keiser
omgekoop en omgedop
net my liggaam loop hier rond
donderwolke
drama-oë
sien net wat jy glo
die peilings het al lankal bewys
ons moet hier uit
vrouments ons moet vlug
as 'n bekende gesig
soos 'n vreemdeling lyk
windloopneus
al weer
al die stuifmeel opgeruik
'n mens oorskry gereeld sy limiet
al's wat daar was
het ek gevat
al's wat die wêreld verbied
ek probeer my bes
ek sweer ek probeer

Pille Vir Kersfees *

Dis snaaks hoe hierdie gebou
Sy arms om my en jou kan toevou
Terwyl die elektriese wolk kombers
Kom sweef oor die platberg en
Ons veilig vashou
Om die brandstigting te aanskou

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Alomteenwoordig,
Jou naasbestaande eis
Verdraagsaamheid,
Maar tree oorbodig op
In hierdie tyd van samesyn
Stralejakker, spyseniere,
Bacchus en al sy vriende

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

As jou tuiste is
Waar jou hart is
Wat wil dan hier uitbreek
Uit my borskas uit
Geneties gelaai om te ontsnap
Die plasma wat spoeg
'n Wemelende massa
Te veel skade aangedoen

Ek soek pille vir Kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat 'n tydjie by die see
Nie kan genees
Maar wie soek pille vir Kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
'n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Pêrels En Lewensredders

Ek het nog altyd gedink dat my laaste asem
sal nie 'n ernstige gebeurtenis wees nie
die heildronk
'n vol hart rol uit by die mond
gespe my vas by die ruit
ons sal hard moet ry as ons daar wil uitkom
of rol die film net agteruit
dis in elk geval my herinnering
die ter aarde verassing
op die rug van die wind wat my gedagtes kon verander
herwinbare organe
lankal oorgedra en uitgeplant
waarvan die hart van vol is rol uit by die mond
ons sal mooi na mekaar moet kyk
as ons hier wil uitkom
dis in elk geval 'n vae herinnering
'n leë hart rol uit by die mond
en op teen 'n leer
hoe hoog is 'n hoë genoeg lewensredderstoel
ons val uitspattig soos pêrels
skynbare pêrels
op 'n strandvloer
want dis maklik om te vergeet
dat die bed wat jy maak
is die een waarin jy nou moet slaap
kom ons speel langs 'n afgrond
daar waar die Kaap van Goeie Hoop twee blou damme laat kopstamp
dit bly maklik om te vergeet
dat die bed waar jy slaap die een is wat jy weer moet opmaak

* The lyrics for Pille Vir Kersfees are taken from Pille Vir Kersfees, as it was not included with this album.